Wat is Ritme?

“Ritme ’n inisiatief van Stephan Joubert en Johan Smith. Ons wil jou dien met waarhede uit die Woord op ‘n relevante manier vir jou alledaagse vrae, uitdagings en menswees.”

Photo 2

Stephan Joubert

Photo 1

Johan Smith

Elke stukkie van die skepping klop in ’n unieke ritme – die see se getye beweeg in en uit.

Die ritme van seisoene verander grou winters in lente bloeisels – jaar in en jaar uit.

Dan is daar die ritme van die dag: lig wat deur die donker breek om die nuwe dag aan te kondig.

Die mens se hart klop in ’n ritme en die lewe bruis deur jou are.

By Jesus leer jy hoe om die perfekte ritme te vind en daaruit te leef.
Jesus se hartklop was altyd in ritme met die van sy Vader. 
Vir Jesus was verhoudings die lewe en uiteindelik sy ritme.
Hy is uiteindelik die Ritme van die lewe!

Welkom by Ritme! Ontdek, leer en reis saam met ons…

Vir meer inligting, loer gerus op Facebook